ONDERSTEUN JOU ERFENIS
DIE ERFENISSTIGTING ONTVANG NIE ’N STAATSUBSIDIE NIE EN IS AFHANKLIK VAN SKENKINGS EN ANDER BEFONDSING OM ONS ERFENIS TE BEWAAR.
HOEKOM BENODIG DIE ERFENISSTIGTING DONASIES?
Die Erfenisstigting is ’n maatskappy sonder winsoogmerk en maak staat op donasies om bewaringsaksies te loods. Elke donasie, hoe klein of groot, maak ’n uiteindelike verskil om die nodige uitreiking en bewaring te kan doen om die volgende te bereik:
- Om erfenisterreine en monumente in gevaar te besoek en moontlik te red;
- Om permitaansoeke te doen om wetlik erfenishulpbronne te mag verskuif of herstel wat andersins tot niet sou gaan;
- Om Afrikanererfenisterreine in die Erfenisstigting se besit te bewaar, onderhou en restoureer waar nodig.
- Om museumvoorwerpe te red wat nie meer deur die eienaars en volgens minimum museumstandaarde na omgesien kan word nie;
- Om bewaringsruimtes te bestuur om die leeftyd van Afrikanererfenishulpbronne te verleng sodat besoekers dit kan besigtig en daaroor leer.