WELKOM

Die Erfenisstigting (ES) is in 2002 as ’n maatskappy sonder winsoogmerk gestig en is ’n gerekende speler binne die Suid-Afrikaanse kulturele erfenisindustrie. Die Erfenisstigting is die versamelpunt van die Afrikaner se nalatenskap vir die volgende geslag.

OOR ONS

Deur middel van ons argief, biblioteek en museumstoor kan ons sorg dat die kern van Afrikanerkultuur en -geskiedenis behoue bly vir die volgende geslag. Verder is die ES ook aktief betrokke by die beskerming en bewaring van verskeie Afrikaner-erfenisterreine regoor Suider-Afrika.

Die opvoedkundige rol van die ES word vervul deur middel van uitstallings wat op ’n gereelde grondslag vernuwe word om ’n verskeidenheid van onderwerpe in die kalklig te plaas. Navorsers, akademici en ander belangstellendes kan ook die naslaan-biblioteek en die argief besoek.

UITSTALLINGS

Die Tweede Wêreldoorlog het ’n polariserende uitwerking op die Afrikanergemeenskap in Suid-Afrika gehad. Baie Afrikaners het by die Uniemagte onder generaal Jan Smuts aangesluit en ’n groot rol gespeel in die verset teen Duitse magte in Noord-Afrika. Baie Afrikaners was ook egter gekant teen die idee om oorlog teen Duitsland te voer. Die Duitsers was immers altyd behulpsaam teenoor die Afrikaners. Die Ossewabrandwag het ’n leidende rol gespeel in die verset teen Suid-Afrika se betrokkenheid by die Tweede Wêreldoorlog. Was die Ossewabrandwag simpatiek teenoor Duitsland? Of wou hulle bloot nie saam met Brittanje, die Boere se vyande van die Anglo-Boereorlog veg nie? Kom besoek die uitstalling en besluit self.

TERREINE

Verder fokus die ES ook daarop om terreine met hoë
Afrikanererfeniswaarde te bewaar:
– Kerkenberg
– Kaalvoetvrou-monument
– Bloukransmonument
– Louis Trichardt-gedenktuin (Maputo, Mosambiek)
– Mafikeng-konsentrasiekampkerkhof
– Danie Theron-gedenkteken (Gatsrand, Fochville)
– Kroonstad-konsentrasiekampkerkhof
– Ossewabrandwag Ere-akker
– Karel Landman-gedenkteken (Alexandria, Port Elizabeth)
– Doornbult-konsentrasiekampterrein (Hopetown)
– Boekenhoutfontein-erfenisterrein

FASILITEITE

Die Erfenisstigting het twee fasiliteite wat spasie vir
vergaderings en lesings gun.
– Die Afrikaanse Patriot Komiteekamer
– Die Erfenisstigting se naslaanbiblioteek

George Anderson