Vakansie vol raaisels: Skoliere kraak kode in nuwe Ontsnapkamer

Dit is skaars ’n week sedert die splinternuwe Ontsnapkamer by die Erfenisstigting (ES) se Toekomsbou-museumteater oopgemaak het, en dit is reeds ’n treffer onder nuuskierige en avontuurlustige skoolkinders. Op 10 Julie het drie hoërskoolgroepe die kans gewaag om te “ontsnap”. Die een groep het bestaan uit Merie en Duanè Langner, die tweelingdogters van die Kultuurtuiste [Lees meer...]

By |2025-07-15T12:31:11+02:00Julie 15, 2025|Nuus|Kommentare af op Vakansie vol raaisels: Skoliere kraak kode in nuwe Ontsnapkamer

Krygstelsel sonder gelyke: Kommandogeskiedenis volledig vertel

Ná verskeie publikasieprobeerslae oor bykans ’n eeu is die eerste omvattende geskiedeniswerk oor die Suid-Afrikaanse kommandostelsel uiteindelik bekendgestel.Die bekendstelling van dr. Gerhard Kamffer se nuwe boek, Die geskiedenis van die kommando’s: 1715–2003, is op Saterdag 14 Junie by die FAK-Lapa aan die voet van die Voortrekkermonument gehou – die perfekte plek vir ’n verhaal wat só [Lees meer...]

By |2025-06-17T10:16:21+02:00Junie 17, 2025|Nuus|Kommentare af op Krygstelsel sonder gelyke: Kommandogeskiedenis volledig vertel

Van Konsentrasiekamptent tot Monument

Deur Etienne HansenDie Anglo-Boereoorlog het die Afrikaner soos geen ander gebeurtenis in ons geskiedenis gewond nie. Die kinders moes die letsels van oorlogsmarte dra en uit die as van ’n verskroeide aarde, ’n nuwe toekoms bou, ’n groeiende aarde skep. Op 16 Junie, Konsentrasiekampdag, treur ons nie net oor die duisende wat in vergete kindergrafte lê [Lees meer...]

By |2025-06-17T09:57:42+02:00Junie 17, 2025|Nuus|Kommentare af op Van Konsentrasiekamptent tot Monument

Geskiedenis, rolprentkuns versmelt in “Verraaiers”-gesprek

Die Erfenisstigting het op 12 Junie ’n insiggewende gespreksaand by die Voortrekkermonument gehou waartydens geskiedenis en rolprentkuns op ’n besonderse wyse ontmoet het. Die fokus het geval op die rolprent Verraaiers, geskryf en vervaardig deur die bekroonde rolprentmaker Sallas de Jager wat ook die nasionale hoof: taal, kuns en musiek van die FAK is. Leonie [Lees meer...]

By |2025-06-13T15:19:38+02:00Junie 13, 2025|Nuus|Kommentare af op Geskiedenis, rolprentkuns versmelt in “Verraaiers”-gesprek

Geskiedenis, fliekkuns versmelt in “Verraaiers”-gesprek

Die Erfenisstigting hou op 12 Junie ’n insiggewende gespreksaand by die Voortrekkermonument waartydens geskiedenis en rolprentkuns op ’n besonderse wyse ontmoet. Die fokus val op die rolprent Verraaiers, geskryf en vervaardig deur die bekroonde rolprentmaker Sallas de Jager.Dié aand, in aanloop tot Konsentrasiekampdag wat op 16 Junie herdenk word, plaas die Anglo-Boereoorlog (ABO) in die kollig [Lees meer...]

By |2025-06-09T09:13:18+02:00Junie 9, 2025|Nuus|Kommentare af op Geskiedenis, fliekkuns versmelt in “Verraaiers”-gesprek

Laat stories leef met jou eie huismuseum

Wanneer laas het jy stilgestaan by daardie blikboks vol handgeskrewe briewe, Oupa se pyptabak geruik, of deur Ouma se resepteboek vol voue en meelvingerafdrukke geblaai? ’n Oomblik geneem en besef: hierdie is my geskiedenis, my erfenis – iets wat verdien om vir ’n volgende geslag bewaar te word?In ’n wêreld waar onthou so maklik vir vergetelheid [Lees meer...]

By |2025-06-05T11:12:59+02:00Junie 5, 2025|Nuus|Kommentare af op Laat stories leef met jou eie huismuseum

Erfenisstigting verskuif grense met 3D-projek

Het jy al ooit daarvan gedroom om ’n historiese voorwerp behoorlik van nader te bekyk; ’n besonderse stuk se storie en historiese hartklop te hoor, én ’n aktiewe rol in die bewaring van só ’n erfenisskat vir die volgende geslag te speel? Die Erfenisstigting (ES), wat in die Erfenissentrum by die Voortrekkermonument gesetel is en [Lees meer...]

By |2025-05-30T11:10:05+02:00Mei 30, 2025|Nuus|Kommentare af op Erfenisstigting verskuif grense met 3D-projek

“Erfenisskade ‘n aanval op ons identiteit”

Die plundering en vandalisering van geskiedkundige erfenisbakens landwyd is besig om ongekende afmetings aan te neem. Beelde word onthoof en selfs menslike oorskot ongeërg deur vermeende moetiejagters opgegrawe.In die jongste voorval is ’n reusegat aan die voet van die historiese Retiefklip by Kerkenberg in KwaZulu-Natal gegrawe, die glaskassie wat die beskilderde rots beskerm, is oopgebreek, en [Lees meer...]

By |2025-05-27T20:55:00+02:00Mei 27, 2025|Nuus|Kommentare af op “Erfenisskade ‘n aanval op ons identiteit”

Skep ‘n museum in jou eie huis – ‘n kursus wat erfenis lewendig maak!

Het jy al ooit gewonder watter skatte in jóú huis stilweg stories vertel van ’n ryke verlede? Droom jy daarvan om jou eie versameling te vertoon op ’n manier wat onderrig en bewaar? Die Museum vir elke huis-kursus is jou sleutel tot daardie droom! Hierdie inspirerende aanlyn kursus bied jou die kennis en vaardighede om [Lees meer...]

By |2025-04-17T11:49:34+02:00April 17, 2025|Nuus|Kommentare af op Skep ‘n museum in jou eie huis – ‘n kursus wat erfenis lewendig maak!

Hoe ry die Boere sit-sit-so

Drie stoele, drie eras en honderde verhale … “Dit is die mooi van geskiedenis.” Naomi Pretorius (80) is ’n afgetrede geskiedenisonderwyser en taalkundige wat deur haar lang leeftyd al hordes stories vertel het van die Afrikaner en waar hulle vandaan kom, en nóú kan hierdie stories voortleef by die Voortrekkermonument (VTM) na sy hier kom aanklop [Lees meer...]

By |2024-09-06T11:16:56+02:00September 6, 2024|Nuus|Kommentare af op Hoe ry die Boere sit-sit-so
Go to Top