Het jy al ooit gewonder watter skatte in jóú huis stilweg stories vertel van ’n ryke verlede? Droom jy daarvan om jou eie versameling te vertoon op ’n manier wat onderrig en bewaar? Die Museum vir elke huis-kursus is jou sleutel tot daardie droom!
Hierdie inspirerende aanlyn kursus bied jou die kennis en vaardighede om jou eie huismuseum te skep, te versorg en strategies te bevorder – ’n unieke vorm van erfenisbewaring wat jou toelaat om geskiedenis op ’n persoonlike vlak te laat voortleef.
“Die Museum vir elke huis-kursus is bedoel vir enige iemand wat ’n passie het om na hulle eie erfenis om te sien en die storie agter hierdie oudhede met die wêreld te wil deel,” sê Lizette Jansen, bestuurder van die Erfenisstigting.
Wat behels die kursus?
Die kursus bestaan uit drie modules wat elk ’n praktiese en toeganklike blik op die wêreld van museumbestuur en konservering bied. Elke module word afsonderlik voltooi en eers wanneer jy die assessering slaag (70%-slaagsyfer), word die volgende module ontsluit. Jy kan dit egter weer en weer probeer – die leerproses pas by jou tempo!
- Module 1: Wat is ’n huismuseum? Leer hoe om met ’n doel en visie jou huismuseum te begin – van rekordhouding en versamelbeleid tot die inrigting van uitstallings en die belangrike opvoedkundige rol van ’n museum.
- Module 2: Hoe om ’n huismuseum te versorg? Verdiep jou in die beginsels van bewaring en konservering – van plaagbeheer tot die regte metodes om jou museumvoorwerpe skoon te maak.
- Module 3: Hoe om ’n huismuseum te bevorder? Ontwikkel jou bemarkingsvernuf – leer hoe om jou huismuseum strategies te bevorder, om besoekersprofiele te ontleed en ’n visie, missie en doelwitte vir jou huismuseum te ontwikkel.
Vir wie is hierdie kursus?
Vir elkeen wat hul huis vol stories wil omskep in ’n ruimte van betekenis. Of jy nou ’n versamelaar is, ’n kultuurliefhebber, ’n gemeenskapsleier of net iemand met ’n liefde vir die verlede – hierdie kursus is vir jóú.
Leonie Marais, bedryfshoof: erfenisrisiko’s, beskryf die kursus as ’n baanbrekermanier om kulturele bewaring tot by mense se voordeur te bring: “Met die Museum vir elke huis-kursus gee ons individue die mag om hul eie stories te bewaar en te deel – dit is ’n praktiese manier om die risiko van verlore familie-erfenis teen te werk en om mense weer trots te maak op hul eie erfstukke.”
Hoe lank neem dit?
Jou toegang tot die kursus duur vir ’n hele jaar, wat jou genoeg tyd gee om elke module op jou eie pas te voltooi. Jy kan terugkeer na vorige modules en so jou kennis verdiep.
Wat kos dit?
Die normale koste van die kursus is R750 per persoon, maar van 14 tot 30 April, met die bekendstelling van die kursus, ontvang jy ’n 50%-korting – jy betaal slegs R375! Dit is die ideale tyd om jou plek te bespreek.
Maak jou huis deel van ’n groter storie
Elke voorwerp het ’n stem. Met die Museum vir elke huis-kursus leer jy hoe om daardie stem te laat hoor. Skep ’n ruimte wat nie net jou eie nalatenskap bewaar nie, maar ook die ryk erfenis van ons gemeenskap.
Skryf vandag in en maak jou huis ’n museum! Besoek https://es.org.za/kursusse/ om in te skryf.