MAAK ‘N SKENKING
Die Erfenisstigting dien as die versamelpunt vir die Afrikaner se nalatenskap.
Ons ontvang oudhede, kunswerke, dokumentasie, oudiovisuele inligting (in elektroniese formaat), foto’s, argitekstekeninge, poskaarte, boeke, tydskrifte, skripsies en verhandelinge, referate en studies wat direk verband hou met die Voortrekkermonument, Erfenisstigting en FAK, Suid-Afrikaanse geskiedenis in die breë, die kultuurgeskiedenis van die Afrikaanse kultuurgemeenskap in die besonder, familiegeskiedenis en erfenisbewaring.
Hoe om ’n skenking te maak:
Stap 1: Voltooi asb. die vorm hieronder.
Stap 2: Heg foto’s of boekelys aan.
Stap 3: Ons skakel jou terug vir meer inligting of met bevestiging.