ERFENIS IN GEVAAR

’n Erfenishulpbron kan breedweg beskryf word as enige plek wat van belang is vir ’n gemeenskap. Omdat kultuurerfenis nie-hernubaar is, is die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne 25 van 1999 van krag gebring om kultuurhulpbronne in Suid-Afrika teen vernietiging, beskadiging en onregmatige verskuiwing te beskerm.

Ingevolge hierdie wetgewing is ’n regeringsliggaam daargestel om die kultuurerfenis van die land te bestuur, naamlik die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (SAEHA), ook bekend as SAHRA in Engels. Kultuurhulpbronne word in drie grade ingedeel volgens die uniekheid en belangrikheid van die erfenishulpbron, naamlik Graad I (nasionaal), Graad II (provinsiaal) en Graad III (plaaslik).

Kultuurhulpbronne kan formeel of informeel beskerm word. Formele beskerming beteken dat iets van erfeniswaarde by verklaring in die Staats- of Provinsiale koerant tot ’n erfenishulpbron verklaar is. Dié lys van erfenishulpbronne kan nagegaan word op SAEHA se webportaal: SAHRIS (SAHRIS | SAHRIS).

Volgens die indeling van erfenishulpbronne kan die volgende liggame gekontak word rakende erfenisterreine, publieke beelde, monumente en historiese grafte.

Instansie Besonderhded
Nasionale Erfenishulpbronne: SAEHA www.sahra.org.za
Historiese grafte: Afdeling van SAEHA Burial Grounds and Graves – SAHRA 2020
Die Provinsiale Erfenishulpbronliggame:
Gauteng: PHRA-G, Tebogo.Molokomme@gauteng.gov.za
Noord-Wes: NWPG, mosianem@nwpg.gov.za
Vrystaat: Heritage Free State
Mpumalanga: MHRA, bmoduka@mpg.gov.za
Limpopo: LIHRA, litholek@sac.limpopo.gov.za
KwaZulu-Natal: AMAFA
Wes-Kaap: Heritage Western Cape
Oos-Kaap: ECPHRA
Noord-Kaap: NBKB

Die Erfenisstigting, ’n privaat maatskappy sonder winsoogmerk, tree namens die Afrikanergemeenskap op wanneer Afrikanererfenis in gevaar gestel word. Indien jy weet van ’n kultuurhulpbron wat in gevaar is, stel ons asb. in kennis deur die vorm hieronder in te vul. Kontak ons ook gerus indien jy hulp benodig met kultuurhulpbronne op jou eiendom.