ARGIEF
Die Erfenisstigting se argief is reeds in werking sedert 2002 en is in die Erfenissentrum gesetel. As ‘n belangwekkende internasionale navorsingsinstituut, bied ons argief waardevolle bronne oor alle fasette van Suid-Afrikaanse geskiedenis en kultuurgeskiedenis aan die navorser. Ons argief bestaan uit unieke dokumentversamelings, foto’s, argitektekeninge, kaarte en oudio-visuele materiaal.
Die temas van die versameling is die Groot Trek, die Anglo-Boereoorlog en die geskiedenis van die Voortrekkermonument. Verdere materiaal sluit Afrikaanse kultuurorganisasies in, soos die Afrikaner Broederbond en persoonlike versamelings wat ‘n bydrae lewer tot die kulturele en geskiedkundige aspekte van die Afrikaanssprekende samelewing in Suid-Afrika. Die Erfenisstigting en Voortrekkermonument se argivale dokumentasie is toeganklik vir navorsers.
Ons doel is om ‘n diens aan die breë gemeenskap te lewer, en om die argief te omskep in ‘n gewilde navorsingsentrum wat vir alle navorsers toegangklik sal wees. Die argief is oop vir navorsing van 08:00 -16:00 op weeksdae. ‘n Toegangsfooi en tariewe vir verskeie dienste word gehef.