LOTSGEBONDE: Die verhaal van Fritz Joubert Duquesne

R 360.00

Description

Outeur: Bets Botha
Uitgewer: E.L. Steenekamp
Gepubliseer: 2018
Taal: Afrikaans
ISBN: 978-0-620-82086-8

Beskrywing:

Hierdie boek werp meer lig op die lewe en dade van Fritz Joubert Duquesne. Hy was ‘n Boerespioen wat ook in diens van die Duitse Geheime Diens was en wat gereken word as een van die top spioene van die wêreld.

Hoewel hy na die Vredesluiting in 1902 na Amerika is en nie weer na sy land teruggekeer het nie, is dit sy land se geskiedenis wat sy toekoms gevorm en bepaal het. Sy ma se vernederende dood in ‘n Britse konsentrasiekamp het iets in hom vernietig, maar ook terselfdertyd iets anders in hom tot stand gebring wat van hom ‘n ongekende en verbete vyand sou maak.

Om hierdie optrede van hom te verstaan, moet sy lotsgebondenheid met sy land se geskiedenis en die politieke tydsgees waarin hy geleef het, verstaan word. Per slot van rekening – waarom sou ‘n klein republiekie die dienste van ‘n geheime diens benodig, as dit nie vir die feit was dat hulle permanent in die visier van die Britte was wat hulle ondergang op alle denkbare maniere wou bewerkstellig nie?

Ad
Ad
Ad
Ad
0

Your Cart