VOLKSKONGRES TE JOHANNESBURG: Referate en Besluite 1 – 4 Julie 1947

R 150.00

1 in stock

Category:

Description

Saamgestel: J.R. Albertyn
Uitgewer: Federale Armsorgraad van die Gefedereerde N.G. Kerke
Gepubliseer: 1947
Taal: Afrikaans
ISBN: Geen
Toestand: Toestand is taamlik goed. Verkleuring op voor- en agterblad van sagteband. Vlek op voorblad wat deursyfer tot bladsy 21. Addisionele vlekke op titelblad, fotoblaaie voor in publikasie, asook onderaan bladsy 65/66.

Beskrywing:

Aanleiding tot die hou van die Volkskongres op Johannesburg was die opsienbare verstedeliking van die Boerenasie wat gedurende die laaste 25 jaar sedert 1920 in Suid-Afrika plaasgevind het. In 1890 was daar nog geen 10,000 Afrikaanssprekendes in die stede van die Unie woonagtig nie. Selfs teen 1920 was hul getal nog ver van 100,000. En in 1945 was daar – volgens die kerksensus van daar die jaar – ruim 400,000 Afrikaanse stadsbewoners. En as die inwoners van die dorpe bygetel word, woon reeds 65 persent van ons volk in dorpe of stede, en slegs 35 persent in ‘n suiwer boereomgewing.

Die kongres het 4 dae lank geduur en was gekenmerk deur leersame referate en ‘n lewendige bespreking tussenin. Deur die eenstemmige besluit van die kongres word al die referate en besluite hier weergegee, sodat elkeen wat teenwoordig was, dit tuis weer rustig kan oorlees, en vele andere wat die inspirerende samekoms nie kon bywoon nie, met die inhoud van die toesprake kan kennis maak.

Ad
Ad
Ad
Ad
0

Your Cart