DIE KRUGER-MILJOENE

R 150.00

Category:

Description

Outeur: Krüger, D.W.
Uitgewer: Perskor-uitgewery
Gepubliseer:1979
Uitgawe: Eerste uitgawe
Druk: Eerste druk
Taal:Afrikaans
ISBN: 0 628 01447 3

Beskrywing:

Sedert die Tweede Vryheidsoorlog het Suid-Afrika sy verhale oor die Krugermiljoene. daar is al gegraaf, omgedolwe en gesoek in al vier die windstreke van Transvaal. Tot so onlangs as 1978 is ‘n nasionale pad byna ondergraaf omdat die spesifieke plek aangewys is as dié plek waar die geheimsinnig bekoorlik “skat” dan al die jare bewaar sou gewees het! Maar… niks. Steeds bly hierdie misterieuse miljoene die mens ontwyk.

Waar en hoe het die verhaal van die Krugermiljoene ontstaan?

Prof. D.W. Krüger vertel in hierdie boek die ware verhaal oor die Krugermiljoene. Hierdie onderwerp geneit reeds sy toegewyde aandag en studie sedert 1935, en nadat hy dié hele storie ontrafel en weer logies aanmekaar gelas het, kan hy nou in hierdie boek die feite blootlê.

Maar daar lewe vandag nog mense wat al tot by die kiste met die miljoene in, gevorder het, en toe val die gate weer toe… of sou dit nou ‘n “ander skat” gewees het?

Hierdie boek gee al die feite en behoort ‘n einde te maak aan verdere bespiegelinge oor die sg. Krugermiljoene, maar folklore sterf gewoonlik swaar!

Ad
Ad
Ad
Ad
0

Your Cart