Follow Us:
Facebooktwitterlinkedinyoutube
Heilbron gemeenskap kan met trots ‘n breë bors uitstoot. Na vele beplanning en fondsinsamelings kan Vegkop Slagveld-terrein eersdaag spog met nuwe ablusiegeriewe. Die direksie was amper 2 jaar besig met hierdie projek en kan dit nou begin na vele skenkings en bydraes.Die eerste sooi is op Dinsdag 27 September gespit. Fase 1 is die rioleringsput van nuwe sowel as bestaande geriewe. Fase 2 is die fondasie van die nuwe blok tot op vloervlak. Abel van Jaarsveld tree op as projekbestuurder en die direksie spreek hulle dank teenoor hom uit. Die beplanning is om fase 1 en 2 af te handel voor einde November. Die mure en dakke is ook onlangs geverf en die terrein lyk pragtig. Dit is die eiendom van Heilbron gemeenskap en ‘n gemeenskapsprojek. Daarom nooi die direksie die gemeenskap uit om te kom kyk en betrokke te raak. Dit is julle erfenis en nalatenskap.

Die direksie bedank elke bydraer vir hul ondersteuning, veral Vegkopboerevereninging en AfriForum.

Share Now:
Facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad