Follow Us:
Facebooktwitterlinkedinyoutube
***
Winburg 2012 07

Na ongeveer vyf jaar se gesukkel is daar uiteindelik ‘n skikking in die hof bereik rakende die Winburg konsentrasiekampbegraafplaas en die Masilonyana Munisipaliteit se bestuur van die vullishoop daar naby, asook die onwettige uitgrawings reg langs die terrein. Danksy AfriForum se betrokkenheid en groot onkoste, word die munisipaliteit nou gedwing om die terrein te rehabiliteer, die vullishoop te bestuur en die pad daarheen te herstel sodat dit vir die inwoners van die dorp toeganklik is.

Die Erfenisstigting het tussen 2011 en 2014 verskeie skoonmaak- en herstelaksies daar uitgevoer met fondse wat indertyd deur die SA Erfenishulpbronagentskap beskikbaar gestel is. Die probleem was egter eerder die wanbestuur van die omgewing, as ‘n erfenisbewaringsprobleem. AfriForum word opreg bedank vir hulle ondersteuning in die saak.

Share Now:
Facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad