Follow Us:
Facebooktwitterlinkedinyoutube
Marthinus Oosthuyse se graf, Winterton

Marthinus Oosthuyse se graf, Winterton

Aletta se kissie gedra deur twee nasate

Aletta se kissie gedra deur twee nasate

Marthinus en Aletta se nuwe rusplek, Patryshoek

Marthinus en Aletta se nuwe rusplek, Patryshoek

 

 

 

 

 

 

 

 

Marthinus Oosthuyse en sy groot liefde, Aletta, is Donderdag, 19 Februarie saam herbegrawe. Die Erfenisstigting is alreeds vanaf 2003 by dié projek betrokke weens die erg verwaarloosde en gevandaliseerde toestand van Martinus Oosthuyse se graf in Winterton. Na ‘n lang stryd om al die nodige permitte te bekom, is dit uiteindelik verlede Maandag ontvang en die oorskot van Marthinus en sy vrou Aletta, wat op ‘n ander plaas begrawe was, is opgegrawe.

Hulle is Donderdag, 19 Februarie saam herbegrawe langs die familiekerkhof van die plaas Patryshoek, naby Warden, wat nogsteeds aan die Oosthuyses behoort. Uiteindelik ‘n gepaste einde van ‘n mooi liefdesverhaal. Die herbegrafnis is deur drie verskillende vertakkings van hul nasate bygewoon.

Oosthuyse was ‘n kinderheld tydens die Groot Trek. In Februarie 1838, tydens die Zulumagte se aanvalle by Bloukrans en Weenen, was die sestien-jarige seun besig om perde uit die veld terug te bring in die omgewing van die Van Rensburg-laer. Dié laer is deur die Zulukrygers aangeval waartydens Marthinus Oosthuyse die Van Rensburgs gaan help verdedig het. Die Van Rensburgs se ammunisie het opgeraak en hulle was weerloos teen ‘n koppie vasgekeer. Oosthuyse het op sy perd, Swartjie, tussen die honderde Zulukrygers deurgejaag om vir die Van Rensburgs kruit te neem. Die hele Van Rensburg-laer is van ‘n gewisse dood gered deur die heldedaad van Marthinus Oosthuyse.

Share Now:
Facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad