Museumdienste

museum@es.org.za

Facebooktwitterlinkedin

 

Die ES-personeel het meer as 70 jaar se museumondervinding in alle aspekte van museumbestuur, wat opvoedkundige dienste, museumversamelingsbestuur, bemarking, navorsing en uitstallings insluit. Ons kan ook hulp verleen met die opleiding van museumpersoneel.

 

Ontwerp & opstel van opvoedkundige & bemarkingsmateriaal

hOns kan museums bystaan met navorsing en die ontwerp en implementering van opvoedkundige en bemarkingsmateriaal, asook die ontwikkeling van nuwe opvoedkundige fasiliteite en programme.

 

 

Versamelingsbestuur, restourasie en konservering

jDie ES bestuur ons eie museumversameling en kan u oor restourasie en konservering van enige versamelings adviseer. Opleiding kan ook verskaf word en noue bande word met organisasies soos die SA Museumvereniging en ander professionele en kultuurverenigings gehandhaaf ten einde op hoogte te bly van professionele praktyke en standaarde.

 

 

Uitstallings

iOns kan museums met die ontwikkeling van nuwe uitstallings help, insluitende die konsepontwikkeling, navorsing en ontwerp van inligtingspanele, asook die ontwikkeling van uitstallings van historiese items. Ons werk nou saam met bekende ontwerpers van uitstallings en uitstalruimtes.

 

Ad
Ad
Ad
Ad