Follow Us:
Facebooktwitterlinkedinyoutube

Pretoria, 10 April 2015. Personeellede van die Erfenisstigting het op Dinsdag,7 April begin om die Paul Kruger Beeldegroep op Kerkplein skoon te maak nadat dit oor die Paasnaweek deur vandale met verf beskadig is.

Die Erfenisstigting (ES) het die beeldegroep oor ‘n verloop van drie dae skoongemaak op eie koste van ±R40 000. Die proses sluit in ‘n hoëdrukspuit en warm water. Met sulke ou beelde, moet daar versigtig te werk gegaan word om toe te sien dat die druk en hitte net reg is. Geen chemikalië is gebruik nie omdat dit ‘n goedkoop, watergebaseerde verf was.  Indien dit ‘n ander soort verf was, sou sekere gespesialiseerde chemikalieë gebruik moes word.  Sekere materiale soos sandsteen kan heeltemal vernietig word indien verkeerde middels gebruik word en die ES doen ‘n beroep op die publiek om nie lukraak in te spring en beelde en monumente met enige middels tot hulle beskikking te probeer skoonmaak nie.

Volgens Me Sonja Lombard, besturende direkteur van die Voortrekkermonument en Erfenisstigting, is die aanslag van studente, sogenaamde politici, opportuniste en gewone vandale op ons openbare gedenktekens en standbeelde die afgelope paar weke, eerder verdelend as versoenend van aard.

 Sy is van mening dat hierdie optredes sal voortduur indien die regering nie spoedig hieroor standpunt inneem en nasionale dialoog met alle belanghebbendes hieroor voer nie.

Persone en organisasies wat betrokke wil raak om ons land se erfenis te bewaar, kan kontak maak met me Cecilia Kruger by die Erfenisstigting by bewaring@es.org.za of 012 325 7885.

 

UITGEREIK DEUR:

SONJA LOMBARD

BESTURENDE DIREKTEUR

VOORTREKKERMONUMENT EN DIE ERFENISSTIGTING

Tel: 012 326 6770

Faks: 012 326 8374

E-pos: sonja@vtm.org.za

Share Now:
Facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad