Follow Us:
Facebooktwitterlinkedinyoutube

MEDIAVRYSTELLING                                           VIR ONMIDELLIKE VRYSTELLING

OPENING VAN ERFENISSTIGTING SE NUWE FASILITEITE, VOORTREKKERMONUMENTTERREIN

 Pretoria, 17 November 2014. Op 27 November 2014 word die Erfenisstigting se splinternuwe argief, galery en kantore geopen.  ‘n Interessante uitstalling met die tema ‘Monumentaliteit” sal vanaf 28 November oop wees vir die publiek.  Verskeie kunswerke en foto’s,  asook interessante inligting oor ons monumente, die groot vyf, ons Springbokke en vele meer sal met vergunning van ander museums, galerye en individue besigtig kan word.

Die fasiliteite, ook bekend as  die Erfenissentrum Fase 2, is deur MEG Argitekte ontwerp en teen ‘n koste van ongeveer R12M voltooi.  Die fondse vir dié projek is deur die Department  Kuns en Kultuur aan die Erfenisstigting toegeken.

Die sentrum beskik nou oor groter en beter argief- en navorsingsfasiliteite en berg o.a. versamelings wat handel oor die Groot Trek, die Anglo-Boereoorlog, die Ossewabrandwag  en die geskiedenis van die Voortrekkermonument.  Dokumentasie van Nederlandse en Afrikaanse kultuurorganisasies, soos die Afrikaner Broederbond, asook die Erfenisstigting en Voortrekkermonument se argivale dokumentasie is vir navorsers toeganklik.  Die  galery sal in die toekoms ook vir ander uitstallings, funksies en werkswinkels aangewend word.

Die fase 1-konstruksie van die Erfenissentrum is reeds in 2008 voltooi en huisves die Erfenisstigting se hoofkantoor, asook die permanente Afrikanerbakens-uitstalling. Die naslaanbiblioteek huisves die Noordelike Streektak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika se uitgebreide boekery oor familienavorsing. Die biblioteek is ook by die Genealogiese Vereniging van Utah geaffilieer en ‘n lid van SABINET.

Die media is welkom om die inhuldiging van die Erfenissentrum fase 2-gebou op 27 November 2014 om 18:30 vir 19:00 by te woon.

 

Uitgereik deur:

Genl.maj. (Aft) GN Opperman

Besturende Direkteur

Die Erfenisstigting

Tel: 012 325 7885

Faks: 086 616 9587

E-pos: bd@es.org.za

Share Now:
Facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad