Follow Us:
Facebooktwitterlinkedinyoutube

MEDIAVRYSTELLING                                           VIR ONMIDDELLIKE VRYSTELLING

JAARLIKSE GEDENKDIENS BY DIE SAW MUUR VAN HERINERING

Pretoria, 30 April 2014. Die jaarlikse herdenkings- en kransleggingsdiens by die SA Weermag se Muur van Herinnering op die Voortrekkermonument Erfenisterrein sal om 09:00 vir 09:30 op Sondag, 25 Mei 2014 plaasvind.

Die SA Weermaggedenkteken, ook bekend as die Troepiestandbeeld, wat vanaf Fort Klapperkop na die Voortrekkermonument Erfenisterrein verskuif word, sal ook by dié geleentheid onthul word. Daar sal ook ‘n spesiale granietpaneel onthul word ter ere van die families, veral die vrouens en kinders, van lede van die SA Weermag wat die land tussen 1961 en 1994 gedien het.

Gaste word vriendelik versoek om nie later as 09:00 te arriveer nie en hulle sitplekke teen 09:30 in te neem.

Kransleggings sal beperk word tot bepaalde afgevaardigdes, familielede van die oorledenes en een krans per organisasie of groep weens die groot omvang  van die diens. Voorsiening sal gemaak word vir die lê van ander privaat kranse in groepverband.

U word vriendelik uitgenooi om verversings na die geleentheid saam met die ander gaste te geniet.

‘n Roetekaart is beskikbaar op www.es.org.za. Beweeg asseblief antikloksgewys rondom die Voortrekkermonument by die aangewese parkeerterrein.

Die drag vir die aangeleentheid is soos volg: Ampsdrag of Drag 1.A (militêre teenwoordigers). Drag 1.B (militêre toeskouers) of dagpak of verenigingsdrag met  militêre ordes, dekorasies en medaljes (burgerlikes en militêre veterane). Hoede is opsioneel vir dames, maar word aanbeveel vir beskerming.

Persone wat wil bywoon, word vriendelik versoek om teen 15 Mei 2014 hul besonderhede deur te gee aan sheron@es.org.za of faks 086 566 7822.

Die herdenkingsdiens wat die afgelope aantal jare gedurende September te Fort Klapperkop plaasgevind het, word voortaan met die bovermelde diens by die SAW Muur van Herinnering geintegreer. Daar sal derhalwe nie meer enige herdenkingsdienste te Fort Klapperkop aangebied word nie.

Uitgereik deur:

Genl.maj. (Aft) GN Opperman

Besturende Direkteur

Die Erfenisstigting

Tel: 012 325 7885

Faks: 086 616 9587

E-pos: bd@es.org.za

Share Now:
Facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad