Follow Us:
Facebooktwitterlinkedinyoutube

Eben Meets, ons Bestuurder: Instandhouding het op 10 April na Maputo in Mosambiek vertrek om ʼn inspeksiebesoek aan die Louis Tregardt Gedenktuin te bring. Die bevinding was dat die gedenktuin in ‘n baie goeie toestand is en met behulp van plaaslike begeesterdes goed versorg word. Daar word restourasiewerk rondom die symuurpanele beplan.

Die Gedenktuin bevat o.a. die grafte van die Voortrekkerleier Louis Tregardt, sy vrou Martha en 18 lede van die trekgeselskap wat in 1836 daar aan malaria dood is. Die Gedenktuin word sedert 2008 deur die Erfenisstigting bestuur, in samewerking met die Genootskap Louis Tregardt.

Share Now:
Facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad