Follow Us:
Facebooktwitterlinkedinyoutube
2016.04 Graf en monument van Hans Dons de Lange

Die ES is genader om die graf van die bekende verkenner en Voortrekker, Hans Dons de Lange (1799-1860) te skuif na ‘n terrein waar dit meer toeganklik sou wees. Die graf is geleë naby Watersmeet, ‘n paar kilometer buite Ladysmith in KZN. Dit staan buite ‘n laerskool in die township.

De Lange het nie net deelgeneem aan die slag van Bloedrivier (16 Desember 1838) nie, maar was skynbaar die sleutelpersoon agter die identifisering van die terrein en die strategiese plasing van die laer. Hy sou ook verhoed dat Andries Pretorius, die bevelvoerder, die middag voor die slag die Zulu impis met ‘n perdekommando tegemoet gery het – en het sodoende ‘n bykans sekere tragedie voorkom. Hy kon vlot Zulu praat.

Weens ‘n skietvoorval waartydens ‘n Zulu nie ver van sy plaas nie (naby die huidige Newcastle, KZN) dood is, is De Lange op ‘n klag van moord skuldig bevind en tereggestel.

Die ES het reeds met AMAFA, die KZN bewaringsowerheid, in gesprek getree om die bewaringsopsies van die graf te oorweeg.

Share Now:
Facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad