Follow Us:
Facebooktwitterlinkedinyoutube

Annie Antonites, Senior Navorser by die ES, het van 5-7 Julie die tweejaarlikse kongres van die Vereniging van Suider-Afrika Professionele Argeoloë by die Universiteit van Pretoria bygewoon. Bykans 250 argeoloë, museumkundiges, studente en ander belangstellendes het die kongres bygewoon. Annie het referate gelewer oor voedselvoorsiening by terreine in die Laeveld waar sout al vir die afgelope 2000 jaar gemaak word, asook die gebruik van been-skoffelpikke tydens die 11de – 13de eeu n.C. in die Limpopo Provinsie . Na afloop van die kongres is verskeie historiese en erfenissterreine in Pretoria besoek.

As jy belangstel in plaaslike argeologie, besoek gerus die volgende webtuistes, of kontak Annie Antonites by snrnavors@es.org.za.

www.archaeologysa.co.za – Suid-Afrikaanse Argeologiese Vereninging
www.asapa.co.za – Vereninging vir Suider-Afrika Professionele Argeoloë

Share Now:
Facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad