Follow Us:
Facebooktwitterlinkedinyoutube

Die Erfenisstigting- (ES) en Voortrekkermonument- (VTM) personeel wat ook lede van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kultuurgeskiedenis is, het aan die begin van Oktober die jaarlikse kongres van dié vereniging bygewoon. Dit is hierdie jaar deur die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl aangebied as deel van die 90-jarige viering van die bestaan van ons Afrikaanse taal.

DSCN1493

Doornbult Konsentrasiekampterrein, Hopetown

Doornbult besoekersentrum word ingerig  2013

Museum by die Doornbult Konsentrasiekampterrein, Hopetown

Die geleentheid is ook benut om by die Doornbult Konsentrasiekampterrein by Hopetown aan te doen waar ‘n filmspan ontmoet is en Rina Wiid daar met die skoonmaak van die museum bygestaan is. Die Wiid-egpaar word weer eens bedank vir die ongelooflike werk wat daar gedoen word, om te midde van groot druk en uiters moeilike omstandighede, ons erfenis te bewaar. Ons moedig dan ook ons Vriende aan om daar ‘n draai te maak. Rina tree self as gids op en haar meer as 15 jaar se navorsing op die terrein, maak van dié toer ‘n onvergeetlike ervaring.

ES   VTM personeel by me Dale Dodgen  direkteur van die Chavonnes Battery museum  Dale

Chavonnes Battery-museum

VOC Trade network

Chavonnes Battery Museum

In die Kaap is die Chavonnes Battery-museum in die V & A Waterfront besoek met die gedagte dat samewerkingsgeleenthede met die instansie ondersoek word. Dié museum is eintlik ‘n VOC-argeologiese erfenisterrein wat in die 1990’s met die ontwikkeling van die waterfront ‘ontdek’ is. Dit is naby die ou kloktoring in die Waterfront en is ‘n ongelooflike interessante plek wat uit die eerste helfte van die 1700’s dateer.

DSCN0146

Springbokmuseum

DSCN0128

Springbokmuseum

2015.10 Franschoek Motormuseum Etta   die kurator  Wayne Harley

Johan Rupert se Motormuseum

Daar is natuurlik geen manier dat die Springbokmuseum NIE besoek kon word nie. Die uitstallings is modern en daar is volop vermaak met groot skerms en interaktiewe ervarings. Die SA Rugby-unie het die museum ongeveer drie jaar gelede tot stand gebring. Daar was duidelik geen tekort aan fondse nie!

Johan Rupert se Motormuseum in Franschhoek is sekerlik een van die skoonste en netjiesste museums in die land.

Bitter swaar Swartberge

Bitter swaar Swartberge

Kokkedoorstoor verlate

Kokkedoorstoor

Op pad terug is Prins Albert besoek en NATUURLIK moes daar darem aan die voet van die Swartberge ‘n bietjie uitgespan word! Die Kokkedoorstoor, nou ewe verlate, is opgesoek en die plaaslike Fransie Pienaarmuseum is besoek. Laastens is ‘n draai op Bethulie gemaak waar die konsentrasiekampbegraafplaas soos altyd baie goed versorg daar uitsien. Hier wil ons ook weer vir Trudie Venter dankie sê vir haar onbaatsugtige toewyding om hierdie terrein so goed te versorg.

Fransie Pienaar Museum  Prins Albert

Fransie Pienaarmuseum

Bethulie KK monument

Bethulie Konsentrasiekamp-monument

Die Kaapse draai was uiters leersaam en het weer gehelp om die batterye te herlaai – iets wat hierdie tyd van die jaar broodnodig is. Dankie aan ons BD, Sonja Lombard, wat die fondse daarvoor goedgekeur het!

Share Now:
Facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad