Follow Us:
Facebooktwitterlinkedinyoutube

DIE ERFENISSTIGTING POTJIEKOS-KOMPETISIE OP ERFENISDAG

Tydens die Voortrekkermonument se Erfenisfees op Erfenisdag, 24 September 2014, sal die Erfenisstigting-personeel hul kookvernuf tydens ‘n potjiekos-kompetisie demonstreer. Die Erfenisfees word aangebied om Afrikaner-erfenis te vier en te bevorder, asook om fondse vir die Voortrekkermonument en die Erfenisstigting in te samel. Dit is ‘n heerlike gesinsdag vol interessante aktiwiteite, tradisionele demonstrasies, Afrikaanse musiek en sang, asook allerlei snuisterye te koop.

Die fondse wat deur die agt smaaklike potjies gegenereer word, sal tot die voordeel van bedreigde erfenisterreine onder die bestuur van die Erfenisstigting benut word.

Skaapvleis Suid-Afrika, ‘n lid van die Rooivleis Produsent Organisasie, is as borg by die kompetisie betrokke.

Logo Mutton medium

Share Now:
Facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad