Follow Us:
Facebooktwitterlinkedinyoutube

MEDIAVERKLARING                                            VIR ONMIDDELLIKE VRYSTELLING

 

DIE ABSA ERFENIS GHOLFDAG TE PRETORIA-WES GHOLFKLUB OP 15 MEI 2014

Pretoria, 6 Mei 2014. Die Erfenisstigting se jaarlikse Gholfdag vind plaas by die Pretoria-Wes Gholfklub op Donderdag, 15 Mei 2014. ABSA is betrokke by die geleentheid as hoofborg.

Spelers begin afslaan om 11:00, die Setkompetisie begin om 17:00 en die prysuitdelingsfunksie geskied om 18:15.

Te oordeel aan die inskywings wat reeds ontvang is en die interessante pryse wat geborg word, is dié dag reeds ‘n gunsteling op die jaarlikse gholfkalender.

Die wins wat gegenereer word, sal gebruik word vir die bewaring van erfenisterreine onder Die Erfenisstigting se bestuur, soos Kroonstad Konsentrasiekampbegraafplaas, die Kerkenberg Retiefklip, Oranjerivierkampe te Doornbult en so meer. Onlangse werk sluit in die restourasie van die hoofhuis se dak by Boekenhoutfontein te Rustenburg en die restourasie en inrigting van O’Neil se Kothuis te Volksrust. Vir meer inligting aangaande Die Erfenisstigting se dienste en terreine, besoek gerus die webtuiste by www.es.org.za.

Belangstellendes word genooi om die jaarlikse Gholfdag en aandfunksie by te woon. Alle inskrywings kan aan jana@zonemail.co.zageadresseer word.

 

UITGEREIK DEUR:

GERT OPPERMAN

BESTURENDE DIREKTEUR: DIE ERFENISSTIGTING

TEL:      012 323 9050

FAKS:   086 615 9587

E-POS:  bd@es.org.za

 

Share Now:
Facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad