Follow Us:
Facebooktwitterlinkedinyoutube

MEDIAVERKLARING                                            VIR ONMIDDELIKE VRYSTELLING

 

DIE JAARLIKSE ABSA ERFENIS GHOLFDAG

Pretoria, 14 April 2014. Die Erfenisstigting se jaarlikse Gholfdag, met ABSA as hoofborg, word by die Pretoria-Wes Gholfklub gehou vanaf 11:00 op Donderdag, 15 Mei 2014.

Die Erfenisstigting, ‘n maatskappy sonder winsmotief, is in September 2002 geregistreer na aanleiding van ‘n groeiende behoefte in die Afrikaanssprekende gemeenskap, om saakmakende bedreigde erfenisgoedere van ondergang te red en vir die nageslag te help bewaar.

Ten einde aan die mandaat van die Erfenisstigting te voldoen, is dit noodsaaklik om addisionele fondse te genereer. Die jaarlikse Gholfdag is een van vele aksies geloods om dié doelstelling te bereik.

Belangstellendes word genooi om die jaarlikse Gholfdag en aandfunksie by te woon. Alle inskrywings en moontlike borgskappe kan aan jana@zonemail.co.za geadresseer word.

 

UITGEREIK DEUR:

GERT OPPERMAN

BESTURENDE DIREKTEUR: DIE ERFENISSTIGTING

TEL:      012 323 9050

FAKS:   086 615 9587

E-POS:  bd@es.org.za

Share Now:
Facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad