Follow Us:
Facebooktwitterlinkedinyoutube

Die Voortrekkermonument het die jaar die vierde Erfenisfees aangebied, vol interessante aktiwiteite en kultuurdemonstrasies. Die dag het tradisionele broodbak, koffiebrand en kersegiet ingesluit, asook ‘n tipiese Voortrekkeruitstalling met kakebeenwaens en pioniersgoedere. Die span van die Erfenisstigting het weer ses verskillende potjies gemaak, kompleet met stampmielies en al! Ons wil graag ons hartlike dank uitspreek teenoor AfriForum vir die verhoog en klankstelsel, die Centurion ATKV en die Voortrekkers vir die vermaak – asook al die ander borge.

Oudergewoonte is die kanon Susanna en haar kleinboet, Eenponder, stiptelik om 12:00 afgevuur.

 

Share Now:
Facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad