Follow Us:
Facebooktwitterlinkedinyoutube
Diamond hill 1

Begraafplaas by Donkerhoek/Diamond Hill.

Die ES is deur die AP Kerk, Kleinfontein genader om met die herstel en bewaring van die terrein van hulp te wees. Hulle hou dit al jare in stand met die finansiële ondersteuning van die Ambassades van Australië en Nieu-Seeland. ‘n Ablusieblok is opgerig en word jaarliks op ANZAC-(Australian and New Zealand Army Corps) dag in April, gebruik en is daar tot onlangs met die reëlings vir die dag bystand verleen.

Twee jaar gelede het die finansiële ondersteuning, asook gereelde kontak opgedroog. Nie net die lapa en ablusiefasiliteite nie, maar ook die grafstene kort dringende instandhouding en uiteraard het dié plaaslike gemeenskap nie die fondse hiervoor nie.

Danksy die hulp van groot Vriende van die ES, Piet en Annemarie Redelinghuys, het die ES met ondersteuners in Australië kontak gemaak en die behoeftebepalings na verskeie moontlike weldoeners gestuur. Ons wag nou op reaksie en hoop om binnekort van hulp te wees.

Die slag van Donkerhoek het op 11 en 12 Junie 1900 plaasgevind.

Share Now:
Facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad