Follow Us:
Facebooktwitterlinkedinyoutube

‘n Groot eer het die Besturende Direkteur van die Erfenisstigting en Voortrekkermonument te beurt geval – Cecilia Kruger is deur die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns tot lid verkies. Sy sal aan die Fakulteit Kuns en Geesteswetenskappe en die Werkgemeenskap Pretoria verbonde wees. Lidmaatskap word bekom deur voorgestel en verkies te word volgens die voorgeskrewe prosedure. Van die vereistes is onder meer:

* ʼn Hoë akademiese kwalifikasie of ander prestasie wat na die oordeel van die Akademieraad daarmee gelykgestel kan word.
* Werk van hoë gehalte as uitkoms van eie navorsing in skriftelike vorm of in die vorm van praktiese prestasie; of kunswerk of kulturele of opvoedkundige werk van hoë gehalte.

Ons is trots op haar en wens haar alle sterkte toe!

Share Now:
Facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad