TARIEWE VIR ES DIENSTE

LW: Die ES moet altyd erkenning ontvang as van ons foto’s/dokumente/media gebruik of gepubliseer word.
Drukwerk – Fotokopieë en drukwerk vanaf rekenaars
LW: Tarief per bladsy (m.a.w. elke kant waarop gedruk word).

Grootte Kleur/Swart en wit Prys per eenheid
A4 Swart en wit R2.00
A3 Swart en wit R2.50
A4 Kleur R10.00
A3 Kleur R15.00

Skandering en gebruik van foto’s & dokumente

Media Doeleinde Prys per eenheid Prys per eenheid as meer as 1
Foto’s Vir akademiese gebruik R10.00 R10.00
Foto’s Vir alle kommersiële gebruik R100.00 R100.00
Dokumente Vir akademiese & kommersiële gebruik R5.00 R5.00
Groot dokumente (kaarte/portrette) Vir akademiese gebruik: R200.00 (uitgekontrakteer) R180 + (aantal dokumente x R30.00)
Groot dokumente (kaarte/portrette) Vir kommersiële gebruik (film) R300.00 (uitgekontrakteer) R180 + (aantal dokumente x R130.00)

Afneem van argiefdokumente

R2.00 per foto wat die navorser self neem

LW: Dit is gratis om boeke en ander dokumente uit die biblioteekversameling af te neem.

Digitalisering van media (privaat)

LW: Die ES neem nie meer as 5 plate/kassette op ‘n keer nie. Dit kan tot 2 weke neem vir die digitalisering. Alle kliënte moet ook ‘n vrywaringsvorm teken, sou die media beskadig word in die proses. Die ES aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige skade nie.

Media Prys per eenheid Prys per eenheid as meer as 1
VHS (Video kasset) na DVD R50.00 R40.00
Plaat (LP) na CD R50.00 R40.00
Kasset (Klank) na CD R50.00 R40.00

Digitalisering en gebruik van films en klankopnames wat aan die ES behoort

Media Doeleinde Prys
Klankopname Akademiese gebruik R100 per kasset/plaat
Klankopname Kommersiële gebruik R20 per minuut
Filmopname Akademiese gebruik R100 per film kasset
Filmopname Kommersiële gebruik R50 per minuut

LW: Die prys vir kommersiële gebruik is slegs geldig indien die kopiereg by die ES lê. Die ES mag nie wetlik materiaal vir kommersiële gebruik versprei as die kopiereg nie by ons lê nie.

CD vir laai van data

LW: ‘n Navorser word nie toegelaat om sy eie CD te bring nie.

Diens Prys per eenheid Prys per eenheid as meer as 1
Laai van data op CD/DVD R20.00 R20.00

 

Vertaling en taalversorging:

Diens Taal Prys
Taalversorging Afrikaans R0.60 per woord
Vertaling Afrikaans – Engels R1.00 per woord
Vertaling Engels – Afrikaans R1.00 per woord


 

Ad
Ad
Ad
Ad