Follow Us:
Facebooktwitterlinkedinyoutube

MEDIAVRYSTELLING                                           VIR ONMIDDELIKE VRYSTELLING

 

BOEKVRYSTELLING: WEERMAGSTORIES

Pretoria, 18 Augustus 2014. Weermagstoriesdienspligtiges verbreek die stilte, geskryf deur Roelf Schoeman en uitgegee deur NB-Uitgewers, word om 18:00 vir 18:30 op Vrydag, 22 Augustus 2014 bekendgestel. Die funksie vind plaas in die Erfenissentrum, geleë op die Voortrekkermonument Erfenisterrein.

Schoeman vertel die ware verhale van veterane, wat ook hoogs onstellende ervarings insluit en die nagevolge daarvan. Sedert die stigting van die 61 gemaganiseerde bataljon-groep in 1979 is pogings aangewend om die betrokkenes te help en die skryf van hulle stories is deel hiervan. Schoeman ondersoek die psigologiese impak van oorlogstrauma en gee riglyne aan veterane en hulle gesinne oor hoe om finaal vrede te maak met die oorlog.

Bywoning kan by Bernadine Fourie by bernadine.fourie@nb.co.za of 021 406 3477 voor 19 Augustus bevestig word. Media is ook welkom om die geleentheid by te woon.

Uitgereik deur:

Genl.maj. (Aft) GN Opperman

Besturende Direkteur

Die Erfenisstigting

Tel: 012 325 7885

Faks: 086 616 9587

E-pos: bd@es.org.za

 

Share Now:
Facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad