Follow Us:
Facebooktwitterlinkedinyoutube

Die De la Rey-borsbeeld (aanvanklik opgerig voor die Burgersentrum in Delareyville) is onlangs deur vandale van sy voetstuk gestoot. Die Erfenisstigting is versoek om die voetstuk en die borsbeeld te skuif om bo-op die Burgergraf te staan, waar toegang moeiliker is. Die verskuiwing is in twee stappe onderneem: die graniet-voetstuk in 2014 en die borsbeeld is in Februarie vanjaar nuut bo-op geplaas en m.b.v NASA-tegnologie nuut aan die graniet bevestig.

Dit staan nou weer trots en fier as herinnering aan die bydrae tot vryheid wat generaal De la Rey gelewer het. ’n Beskrywing van gebeure in die vorige eeu is ook op gepaste granietplate in Afrikaans, Engels en SeTswana aangebring.

De la Rey Bust

Share Now:
Facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad