Follow Us:
Facebooktwitterlinkedinyoutube

Zabeth Botha (ES-argivaris) en Malene Schulze (ES-bibliotekaris) het op 16 en 17 Augustus ‘n kollokwium in Pretoria bygewoon i.v.m. ‘n beplande bestekopname van die digitisering van Afrikaanse bronne. Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA), Noordwes-Universiteit se Digitale Bibliografie van die Afrikaanse Taalkunde-projek (DBAT) en die biblioteek van die Universiteit van Pretoria se Open Scholarship-afdeling het die voortou met hierdie gesprek geneem. Deelnemers van so ver as die Wes-Kaap en die Vrystaat het dit bygewoon en ook aanbiedings oor hulle projekte gelewer. Samewerking tussen instansies – veral die voorkoming van projekduplisering – is tydens hierdie leersame byeenkoms beklemtoon. Die ES is opgewonde om by hierdie inisiatief betrokke te wees!

Share Now:
Facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad