Follow Us:
Facebooktwitterlinkedinyoutube

Die Erfenisstigting se strukturele bewaringspesialis was vanoggend reeds baie vroeg op Kerkplein om te kyk of daar enige herstelwerk aan die Kruger-beeldegroep gedoen sal moet word. Hy het bevestig dat daar GEEN skade aan die brons beelde of die granietvoetstuk aangerig is nie.

Die heining romdom die beeldegroep is wel oopgebreek en die plek lyk soos ‘n oorlogsone, maar daar word verneem dat die Burgemeester self onderneem het om te sorg dat dit vandag opgeruim word.

Die beeld sal nie van sy regmatige plek verwyder word nie en ons sal ons nie deur enige groepe en vandalistiese optredes laat afdreig nie. Die Erfenisstigting het ook verneem dat daar geen planne vanuit die Tshwane owerhede se kant is om enige openare beelde te verwyder nie.

Indien daar ooit rede tot werklike kommer is, sal die korrekte prosedures gevolg word om die kunswerke te beveilig

Dankie.

Cecilia Kruger
Besturende Direkteur: Die Erfenisstigting en Voortrekkermonument

Share Now:
Facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad