DEUR DIK EN DUN – Lekker kos en stories uit ou Pretoria

R 350.00

Description

Outeur: Mulder, R.
Uitgewer: Die Erfenisstigting
Gepubliseer: 2018
Taal: Afrikaans
ISBN: 978-0-9947175-1-1

Beskrywing:

Die boek het 226 bladsye vol feite en stories uit Pretoria se geskiedenis, ‘koskassies’ wat elke stukkie geskiedenis met kos verbind, en 92 resepte wat gebaseer is op die geskiedenis. Die resepte is ‘n mengsel van oud en modern, en sluit alles in van vetkoek en beskuit tot Indiese burfee (sweetmeats). Daar is ook ‘n sprinkaanresep, gebaseer op Robert Moffat se vertelling van die hongersnood van die mense na die Difaqane, en hoe hy saam met ‘n vrou in haar boomhuis sprinkane geëet het!

Die stories handel oor ‘n wye verskeidenheid mense en gebeure, en sluit bv. in ‘n jong Engelse besoeker se beskrywing van die dorpie in die 1870’s, ‘n blommemeisietjie se beskrywing van ‘n spoggerige dorpstroue, en die swaarkry en saamstaan van die mense in vroeë Marabastad. Daar is ‘n mooi afdeling oor die lewenswyse van die welvarendes soos Sammy Marks en die Heysgesin van Melrosehuis, en van die kosfoto’s in daardie hoofstuk is in die kombuis van Melrosehuis geneem. Die boek het ‘n magdom ou foto’s, wat afgewissel word met nuwe kleurfoto’s van mooi plekke in die moderne stad Pretoria.

Ad
Ad
Ad
Ad

For international deliveries email the store at shop@es.org.za. Dismiss

0

Your Cart