-->


BOEREPLAAS BORDSPEL

R 450.00

Description

Aantal persone: 2 – 6

Ouderdomskategorie: 6+

Tydsduur: 30 – 60 minute

Boereplaas is ‘n vermaaklike, opvoedkundige gesinsbordspel vir 2-6 persone waar kinders (en grootmense!) leer oor die hantering van geld, wins en verlies, oordeelkundige aankope en boerdery. En: DIS IN AFRIKAANS!

Doel: Die doel van Boereplaas is om besluite oor jou boerdery te neem sodat jy maksimum wins verkry en genoeg geld bekom om jou plaas (bord) met prentkaartjies te voltooi.

Wenner: Die eerste speler wat al die kaartjies op sy plaas vol maak, is die wenner. Jy moet begin deur Oom Sakkie, jou voorman, aan te skaf. Oom Sakkie is egter ‘n droogmaker en veroorsaak baie skade vir jou as boer. Daarna kan jy begin boer met hoenders, beeste, koring, mielies, ensovoorts.

Geld: Elke speler kry 1 x R500; 2 x R200; 4 x R100; 4 x R50; 4 x R20 en 5 x R10 om met die spel te begin.

Boerdery: Al die boerdery bedrywe kan jou inkomste bied (bv. verkoop van mielies aan die mark), maar kan ook verlies veroorsaak (bv. droogtes).

Pret vir die gesin: Vir die eerste keer in baie jare kan kinders nou weer in Afrikaans ‘n lekker plaaslike gesinsbordspeletjie speel. Dit is natuurlik baie pret vir almal in die gesin, heerlik om die gesin weer bymekaar te kry en ook om Boereplaas saam te neem op vakansies!

Ad
Ad
Ad
Ad

For international deliveries email the store at shop@es.org.za. Dismiss

0

Your Cart