-->


PORTUGESE NADRAAI VAN DIE REBELLIE

R 150.00

Category:

Description

Outeur: O.J.O. Ferreira
Uitgewer:  Die Erfenisstigting
Gepubliseer: 2017
Taal: Afrikaans
ISBN: 978-0-9870202-7-7

Die Rebellie (1914-1915) is ‘n omstrede en ingewikkelde onderwerp. Uit die publikasies wat reeds daaroor verskyn het, is dit duidelik dat die Rebellie ‘n ingrypende gebeurtenis in die geskiedenis van Suid-Afrika, maar meer spesifiek in die geskiedenis van die Afrikaner was. Broer het teen broer geveg en eertydse goeie vriende en strydmakkers tydens die Anglo Boereoorlog (1899-1902) het dikwels oor geweerlope na mekaar gekyk.

Hierdie publikasie gee nie voor om nog ‘n geskiedenis van die Rebellie of ‘n volledige beskrywing van genl. Manie Maritz se aandeel daarin te wees nie. Hierdie klein studie handel oor die wel en wee van daardie enkele Rebelle wat saam met Maritz geweier het om hulle aan die Regeringstroepe oor te gee, maar besluit het om na Duits-Suitwes-Afrika uit te wyk, later gedwing was om Angola onwettig binne te gaan en uiteindelik as geïnterneerdes in Portugal en as staatloses in ander Europese lande te beland. Hierdie is ‘n brokkie afloopgeskiedenis van die Rebellie waaraan in die verlede weinig aandag gegee is.

Die hoofspelers in hierdie redelik onbekende klein drama is ongetwyfeld genl.Manie Maritz en sy adjudant, Koos de Klerk. Hulle deelname aan die Rebellie en hulle weiering om oor te gee, het hulle avonture laat beleef wat hulle lewens verryk en onherroeplik in bepaalde rigtings gestuur het, maar hulle lewens was nie net een groot avontuur nie, want daar was ook swaarkry, hartseer, verlange en tragiese uiteindes. Veral die lewensloop van Koos de Klerk is vol romantiek, maar het teen die einde al die elemente van ‘n tragedie.

Ad
Ad
Ad
Ad

For international deliveries email the store at shop@es.org.za. Dismiss

0

Your Cart