Voortrekkermonument DVD: …vir Vryheid

R 100.00

Category:

Description

Taal: Afrikaans

Vervaardig: ULULA Produksies en die Erfenisstigting

Tydsduur: 48 minute

Beskrywing:

Geen herdenkingsgeleentheid in Suid-Afrika het nog ooit die verbeelding aangegryp soos die 1938-herdenkingstrek en die inwyding van die Voortrekkermonument in 1949 nie.

In 1938 met die honderdjarige herdenking van die Groot Trek, het ongekende geesdrif Afrikaners meegevoer toe die ossewaens langs verksillende roetes na Pretoria getrek het. Landswyd het entoesiastiese skares die trekgeselskappe verwelkom en talle gedenktekens is opgerig. Op 16 Desember 1938 is die hoogtepunt bereik toe die hoeksteen van die Voortrekkermonument gelê is.

In 1949 het ‘n kwartmiljoen mense die inwyding van dié grootste Monument ter ere van die Voortrekkers bygewoon. Aan die hand van argieffilms laat hierdie dokumentêr die kyker daardie geesdrif herleef. Die simboliek van die Monument word pragtig geillustreer deur onlangse videomateriaal.

 

Ad
Ad
Ad
Ad

For international deliveries email the store at shop@es.org.za. Dismiss

0

Your Cart