JAN SMUTS: Van Boerseun tot Wêreldverhoog

R 390.00

Description

Hoofredakteur: Kobus du Pisani
Mederedakteurs: Dan Kriek & Chris de Jager
Uitgewer: Protea Boekhuis
Gepubliseer: 2017
Taal: Afrikaans
ISBN: 978-1-4853-0614-6

Beskrywing:

In die eerste helfte van die 20ste eeu het Jan Smuts bo sy tydgenote uitgetroon as ‘n buitengewone leier, soos Paul Kruger aan die einde van die 19de en Nelson Mandela aan die einde van die 20ste eeu. Tog het die NP- en ANC-regerings sy bydraes dekades lank onderspeel omdat dit nie hul Afrikaner- en swart nasionalistiese weergawes van die Suid-Afrikaanse geskiedenis ondersteun het nie. Jan Smuts se staatsmanskap is internasionaal gehuldig, maar hy bly ‘n omstrede figuur en dekades na sy dood prikkel hy nog steeds mense se belangstelling. Was hy een van die vernaamste staatsmanne van sy tyd of dalk ‘n verraaier van Afrikanerbelange en moontlik ‘n rassis?

In hierdie publikasie herwaardeer kundiges Smuts se rol en bydrae op verskillende terreine. As intellektueel word hy as die vader van hedendaagse holisme beskou. Sy politieke rol in die “era van die generaals” word vergelyk met die van ander regeringsleiers sedert Uniewording en sy aandeel in die totstandkoming van die Britse Statebond, die Volkebond en die Verenigde Nasies word bekyk. Onbeantwoorde vrae oor Smuts se politieke en rassebeleid word onder die loep geneem en sy lewe en denke word in die lig van vroeëre en meer onlangse teorieë ontleed en beoordeel.

Additional information

Weight 1 kg
Ad
Ad
Ad
Ad

For international deliveries email the store at shop@es.org.za. Dismiss

0

Your Cart