OORLOGSAVONTURE VAN GENL. WYNAND MALAN

R 150.00

1 in stock

Category:

Description

Outeur: Pieterse, H.J.C.
Uitgewer: Nasionale Pers Bpk
Gepubliseer: 1941
Druk:Eerste
Taal: Afrikaans
ISBN: Geen

Beskrywing:

Hiermee word ‘n boek van onskatbare waarde vir die strydende Afrikanerdom aangebied – die verhaal van ‘n beroemde krygsman by wie plig en diens vir volk en vaderland die aanvuring was om vir geen opoffering of dood terug te deins nie, genl. Wynand Malan.

Sy ervarings in die worstelstryd om vryheid, 1899 – 1902, en die heldedade waarvan almal wat saam met hom geveg het, getuie was, sal in hierdie werk gevind word.

Die boek word hiermee by elke Afrikaner aanbeveel. Wie die verlede van ‘n strydende volk in ere hou, sal met nasietrots besiel word deur die lees daarvan, en wie ‘n beter toekoms vir sy volk soek, sal daardeur tot groter geesdrif aangespoor word.

Van al die boeke wat oor die Tweede Vryheidsoorlog handel, is hierdie een die pakkendste verhaal van durf en mannemoed en ‘n baie belangrike bydrae tot die geboekstaafde geskiedenis van daardie tyd.

– J.A. Smith (Kaapstad, 5 April 1941)

Ad
Ad
Ad
Ad

For international deliveries email the store at shop@es.org.za. Dismiss

0

Your Cart