Die Naslaanbiblioteek sal tussen Kersfees en Nuwejaar gesluit wees.


Waardevolle skenking vir ES Biblioteek

Follow Us:
facebooktwitterlinkedinyoutube

 

Die Princess Christian Home Boekwinkel (Pretoria) het ‘n baie waardevolle boek vir ons biblioteek geskenk, genaamd “Woman’s Endurance”. Dit is die joernaal van ‘n kapelaan wat in 1901 by die Bethulie Konsentrasiekamp diens gedoen het. Die boekie – nog in sy oorspronklike bindwerk – is in 1904 deur die ‘Boer Relief Committee’ ten bate van die Bethulie Weeshuis uitgegee. Die teks is uit Nederlands na Engels vertaal. Die kapelaan skryf op 26 September 1901: “Old story again; supply boards for coffins stopped, and now there is pitiful cry of those who seek wood to make coffins for departed ones … Early this afternoon another man came to see me in great distress; also no wood for coffin. It does seem so bitterly hard.”

Die Princess Christian Home Boekwinkel in Pretoria word deur vrywilligers beman en alle verkope is ten bate van die tehuis. Die boekwinkel het ‘n uitstekende voorraad tweedehandse boeke wat o.a. fiksie, nie-fiksie en versamelstukke insluit. Die winkel is drie oggende ‘n week oop en hou elke laaste Saterdag van die maand ‘n uitverkoping. Besoek hulle webtuiste vir meer inligting: www.pchbookshop.co.za

Annie Antonites (ES Senior Navorser) neem die boek in ontvangs in die ES Biblioteek, saam met mev. Pat Dennis (PCH Boekwinkel, regs) en dr. Eunice Basson (middel), wat PCH met die donasie gehelp het.

Annie Antonites (ES Senior Navorser) neem die boek in ontvangs in die ES Biblioteek, saam met mev. Pat Dennis (PCH Boekwinkel, regs) en dr. Eunice Basson (middel), wat PCH met die donasie gehelp het.

Share Now:
facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad
R 0.000 items

Cart

For international deliveries email the store at shop@es.org.za.