Follow Us:
Facebooktwitterlinkedinyoutube

Adv. C.R. Swart se standbeeld wat tydens die #Feesmustfall-veldtog op die Universiteit van die Vrystaat se hoofkampus beskadig en afgebreek is, spog met ‘n nuwe tuiste.

Die Voortrekkers Vrystaat het onder leiding van Willie Engelbrecht, Hoofsekretaris van die Voortrekkerbeweging, goedkeuring van die UV-Senaat ontvang om die standbeeld na die Doornkloof Voortrekkerplaas te verskuif.

Op 19 Desember 2016 is die beeld verwyder en in Februarie 2017 na Pretoria vervoer vir herstelwerk deur die bekende beeldhouer, Danie Nel. Die beeld is ernstig deur vuur en herhaalde hamerhoue beskadig en skade van tot en met R110 000 is aangerig.

Op Sondag, 2 April 2017 het adv. C.R. Swart se erfenis weer tot volle reg gekom tydens ’n spesiale geleentheid wat by die Sarel Cilliers-erfenisterrein plaasgevind het. Danie Langner, Hoofleier van Die Voortrekkers, het ’n gedenkrede oor C.R. Swart gelewer, waarna die beeld deur Willie Engelbrecht onthul is.

Die projek is moontlik gemaak deur Die Voortrekkers, Die Voortrekkers Vrystaat, AfriForum, die FAK, die Erfenisstigting en mnr. J.A. de Witt.

IMG_3382            IMG_3397

Share Now:
Facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad

For international deliveries email the store at shop@es.org.za. Dismiss

0

Your Cart