-->


Follow Us:
Facebooktwitterlinkedinyoutube

Skryf in en Wen!

Wat kan ek wen? ‘n Kopie van die nuwe Deur Dik en Dun Resepteboek (sagteband)

Kompetisievraag: Wie se melktertresep is in die resepteboek?

Leidraad: Haar rokkie word in die Ossewabrandwag-uitstalling in die Erfenissentrum uitgestal. Sy is ook die enigste Ossewabrandwag-vrou wat in hegtenis geneem is.

Hoe skryf ek in? Stuur jou antwoord, naam, van en kontakbesonderhede aan Riana Mulder by museum@es.org.za

Terme en voorwaardes:

  1. Die wenner sal op 14 Desember 2018 om 12:00 op Die Erfenisstigting se Facebookblad aangekondig word. Alle korrekte inskrywings sal vir die gelukkige trekking kwalifiseer.
  2. Die wenner kan die ondertekende kopie van die boek op 16 Desember 2018 of daarna by die Afrikaanse Winkel in die Erfenissentrum kom haal. Indien nie moontlik is nie, sal dit gepos word.
  3. Pryse kan nie vir iets anders omgeruil word nie.
  4. Personeel van die Erfenisstigting en hulle familie mag nie aan die kompetisie deelneem nie.

Boekbeskrywing van Deur Dik en Dun:

Kom kuier saam in ou Pretoria, die dorpie met die kabbelende waterstroompies, mooi groot erwe en heinings oortrek met rankrose! Lees wat die eerste besoekers daarvan gedink het, en ontmoet die bekendes wat die dorp hulle tuiste gemaak het: die president wat vir vier ampstermyne sy volk se harte in sy hande gehou het – en nou nog met groot respek onthou word; die talentvolle hartseerseun; die bekkige boemelaar wat sewe tale kon praat…

Maak vanaand een van die lekker geregte, nooi ‘n vriend of twee, en gesels saam oor die goeie ou dae…

Ontmoet die outeur!

Deur Dik en Dun sal amptelik vanaf 16 Desember 2018 in sagteband op die rakke wees. Ontmoet die outeur, Riana Mulder, op 16 Desember 2018 tussen 10:00 en 12:00 by die Erfenissentrum vir die geleentheid om jou kopie te laat onderteken.

Bestellings kan nou by die Afrikaanse Winkel geplaas word. Kontak vir Hannetjie Gerber by winkel@es.org.za.

Share Now:
Facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad

For international deliveries email the store at shop@es.org.za. Dismiss

0

Your Cart