Programme
Die vyf ES programme is daarop gemik om fondse in te samel om bedreigde erfenis te beskerm. Fondse wat ingesamel word stel ons in staat om die nodige infrastruktuur en kundigheid te bied om bedreigde roerende en vaste erfenishulpbronne te bestuur, erfenisnavorsing te onderneem en publieke bewussyn van die belangrikheid en waarde van erfenis te skep.
PROGRAM VIR DIE BEDRYF VAN DIE ERFENISSTIGTING
Die Erfenisstigtingprogram verseker dat die algemene openbare dienste wat die Stigting bied, asook die bewaring en bestuur van erfenishulpbronne in sy sorg, gehandhaaf kan word.
PROGRAM VIR VASTE ERFENISHULPBRONNE
• Strategiese leiding aan die publiek, gemeenskappe en ander belanghebbendes te verskaf m.b.t. die bewaring, langtermyn volhoubare benutting en bestuur van vaste erfenishulpbronne.
• Toepaslike hulpbronne te identifiseer en te verkry, insluitende tegniese kundigheid, vir die bewaring en bestuur van vaste erfenishulpbronne.
• Nuwe samewerkingsnetwerke te skep en op bestaandes uit te brei wat op vaste erfenishulpbronne fokus.
PROGRAM VIR ROERENDE EN NIE-TASBARE ERFENIS
• Strategiese leiding aan die publiek, gemeenskappe en ander belang-hebbendes te verskaf m.b.t. die bewaring, langtermyn volhoubare benutting en bestuur van roerende en nie-tasbare erfenishulpbronne.
• Nie-tasbare erfenis te dokumenteer.
• Toepaslike hulpbronne te identifiseer en te verkry, insluitende tegniese kundigheid, vir die bewaring en bestuur van roerende en nie-tasbare erfenishulpbronne.
PROGRAM VIR ERFENISBEWUSMAKING
• Veldtogte te ontwikkel en te bestuur wat algemene bewussyn skep van die belang en intrinsieke waarde van erfenishulpbronne, wat die hulpbronne se ekonomiese, navorsings-, opvoedkundige en toerismewaardes beklemtoon.
• Opvoedkundige programme te ontwikkel wat lede van die publiek, gemeenskappe en ander groepe bemagtig om erfenishulpbronne in hulle gebiede te bewaar, te bestuur en volhoubaar te benut.
• Gemeenskapsnetwerke te stig en te bestuur in samewerking en skakeling met erfenisorganisasies.
• Toepaslike hulpbronne te identifiseer en te bekom om die publiek en gemeenskappe by te staan om erfenis binne hulle gebiede te bevorder, te benut en te bewaar tot voordeel van die breë gemeenskap.
PROGRAM VIR ERFENISNAVORSING
• Strategiese navorsingsverslae te ontwikkel om die doelwitte van ander programme te ondersteun.
• Navorsingsprojekte names individue, gemeenskappe, institute en organisasies te onderneem.
• Platforms te skep waardeur erfenisnavorsing onder die publiek versprei kan word.




