Navorsings-, inligtings- en taaldienste

wheelchairwifi

facebooktwitterlinkedin

Argiefbestuur en -dienste (argief@es.org.za)

DSCN8671Die Erfenisstigting se argief is reeds in werking sedert 2002 en is in die Erfenissentrum gesetel. As ‘n belangwekkende internasionale navorsingsinstituut, bied ons argief waardevolle bronne oor alle fasette van Suid-Afrikaanse geskiedenis en -kultuur aan die navorser. Meer

Familienavorsing (bib@es.org.za)

oDie noordelike streektak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika vergader elke tweede Saterdag van die maand by die Erfenissentrum.  Die biblioteek huisves dié Genootskap se uitgebreide boekery oor familienavorsing, wat ook vir die algemene publiek toeganklik is (http://www.genza.org.za).  Die Biblioteek is ook by die Genealogiese Vereniging van Utah, nou bekend as FamilySearch International, geaffilieer. Baie van hierdie inligting is ook alreeds op die internet beskikbaar by die FamilySearch webwerf.

 

Gespesialiseerde historiese en kultuurhistoriese navorsing (navorsing@es.org.za)

pDie personeel is by uitnemendheid toegerus om navorsers by te staan – van skoolkinders en skrywers tot nagraadse studente. Fooie word gehef vir navorsingsprojekte. Kliek hier vir fooie.

Mediamigrasie (projekinfo@es.org.za)

qDie ES het die vermoë om analoogopnames (dit sluit klankkassette, videobande en langspeelplate in) na digitale formaat oor te skakel. Die opnames word dan op CD of DVD oorgeplaas, sodat gister se klank en beeld vandag gehoor en gesien kan word. Kliek hier vir fooie.

Vertaling en redigering (navorsing@es.org.za)

sGespesialiseerde vertaaldienste (Afrikaans, Engels, Frans), asook redigering en taalversorging van dokumente en manuskripte word gebied. In samewerking met spesialis-taalkundiges, kan vertaling na en vanaf enige van die inheemse Suid-Afrikaanse tale gereël word.

Ad
Ad
Ad
Ad
R 0.000 items

Cart

For international deliveries email the store at shop@es.org.za.