-->


MAHIKENG KONSENTRASIEKAMP BEGRAAFPLAAS

S 25°52’20.50  O 25°35’58.51

Mahikeng konsentrasiekamp begraafplaas

Mahikeng konsentrasiekamp begraafplaas

Die Erfenisstigting neem in 2007 die eienaarskap van die twee konsentrasiekampbegraafplase van die NG Kerk te Mahikeng oor. Die konsentrasiekamp by Mahikeng, opgerig tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902), was na aan die Moloporivier.Die groot begraafplaas bevat 825 gemerkte grafte en is in `n goeie toestand. Dit bevat ook die oorskot van 33 burgers wat tydens die Anglo-Boereoorlog met die beleg van Mahikeng gesneuwel het en voorheen op verskeie plekke begrawe was. Verskeie gedenknaalde is op die terrein opgerig, asook ‘n gedenkmuur met die name van die storwenes. Die kleiner een het ongeveer 200 grafte en is in die middel van `n plaaslike woongebied geleë.

 

Ad
Ad
Ad
Ad

For international deliveries email the store at shop@es.org.za. Dismiss

0

Your Cart