Komberse vir Filadelfia Ark

Follow Us:
facebooktwitterlinkedinyoutube

Die ES het onlangs op ‘n versoek van Helpende Hand gereageer en deur middel van ons Facebook Vriendekring is 25 komberse vir die Filadelfia Ark-projek ingesamel. Filadelfia Ark is op ‘n plaas naby die Hartebeespoortdam geleë en verskaf ‘n heenkome en werk aan ongeveer 500 hawelose mense. Almal wat daar aankom, is welkom om daar te bly solank as wat hulle ‘n heenkome benodig, maar moet bereid wees om op die plaas te werk. Die komberse was baie welkom, veral noudat die winter sy voelers begin uitsteek.
Die komberse is hoofsaaklik deur die Buffelsfontein Baardolie Maatskappy en Pepcor geskenk. ‘n Paar is ook anoniem geskenk.

Werknemers van Filadelfia Ark neem die komberse in ontvangs. Links is Marulie Foster wat al 13 jaar in beheer van Filadelfia Ark is.

Werknemers van Filadelfia Ark neem die komberse in ontvangs. Links is Marulie Foster wat al 13 jaar in beheer van Filadelfia Ark is.

Share Now:
facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad
R 0.000 items

Cart

For international deliveries email the store at shop@es.org.za.