Inligtingsdienstewifiwheelchair

Facebooktwitterlinkedin

Die ES se unieke vaardighede, ervaring, vennootskappe en fasiliteite stel ons in staat om verskeie inligtings- en navorsingsdienste te bied. Deur middel van ons eie argief- en biblioteekdiens het ons toegang tot navorsingsfasiliteite reg oor die wêreld. Die Erfenisstigting het ‘n gespesialiseerde versameling van ongeveer 15 000 publikasies en ‘n uitgebreide argiefversameling. Ons toegang tot inligtingsfasiliteerders soos SABINET verskaf aan ons dié voorkeurposisie as u navorsingsvennoot. Ons het kliënte in beide die openbare en privaat sektore, asook verskeie nie- regeringsorganisasies.

1. Navorsing wat o.a. insluit

  • Argeodierkunde
  • Argeologie
  • Genealogie en familiegeskiedenis
  • Geskiedenis
  • Kultuurgeskiedenis

2. Mediamigrasie van analoogopnames na digitale formaat o.a.

  • Klankkassette
  • Videobande
  • Langspeelplate

3. Vertaling en redigering

  • Dokumente en manuskripte
  • Afrikaans, Engels en Nederlands

4. Praatjies en lesings oor erfenisonderwerpe, wat o.a. insluit

  • Geskiedenis van Pretorianers en hul kos
  • Suid-Afrikaanse argeologie
  • Suid-Afrikaanse geskiedenis
  • Afrikaner kultuurgeskiedenis
  • Erfenisbewaring

Vir navrae kontak dr. Annie Antonites by snrnavors@es.org.za of skakel 012 325 7885.

Ad
Ad
Ad
Ad

For international deliveries email the store at shop@es.org.za. Dismiss

0

Your Cart