IN DIE BEGIN WAS DIE WOORD

Follow Us:
facebooktwitterlinkedinyoutube

Op 13 April 2018 fokus IN DIE BEGIN WAS DIE WOORD op ons ryk Erfenis en hou ons makietie by die Erfenisstigting.

Ons kuier saam en fokus op onderwerpe rondom Suid-Afrikaanse geskiedenis en kultuurgeskiedenis, met inbegrip van die Afrikaanse taal. Die boekwinkel sal oop wees ten tye van ons funksie! ‘n Kort toer deur die uitstalling moet jy asseblief nie misloop nie!

Ons is bevoorreg om een van die navorsers van die UITSTALLING: “Afrikaners in die 20ste eeu: baanbrekers, bakens en brûe” (wat 5 jaar geneem het om af te handel) Estelle Pretorius, as gasspreker te hê!

Jy kan verwag om ég Afrikaanse musiek, ég Afrikaanse poësie, sowel as ég Afrikaanse lekkernye by hierdie geleentheid te geniet.

Kom kuier saam en maak ‘n verskil!

Alle inkomste wat tydens dié aand ingesamel word, gaan aan die Erfenisstigting.

RSVP so gou moontlik om jou plek te bespreek!

(R150 pp, verversings ingesluit.)

IN DIE BEGIN

 

Share Now:
facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad
R 0.000 items

Cart

For international deliveries email the store at shop@es.org.za.