Historiese Gebouebewaring en Restourasie

bewaring@es.org.za

facebooktwitterlinkedin  

Argivale Navorsing

3.1.b.i. Argivale NavorsingOns spesialiseer in die ondersoek van ‘n wye verskeidenheid historiese en kulturele onderwerpe en doen ook navorsing in die Nasionale Argief en verskeie provinsiale argiefversamelings regoor die land. Daarbenewens het ons al rekords by ‘n aantal universiteitsbewaarplekke ondersoek en het ook toegang tot talle biblioteekversamelings, insluitend ons eie goed toegeruste biblioteek.

Om hierdie rede is die navorsers by die Erfenisstigting hoogs gekwalifiseer om gespesialiseerde navorsingsdienste te kan lewer, hetsy vir nagraadse studente, professionele navorsers, skrywers, filmmakers, regslui of vir lede van die publiek.

 

Projekbestuur

3.1.b.ii. Projekbestuur - gebouerestourasieDie ES se span kundiges het jarelange ondervinding in die restourasie van historiese geboue, monumente en ander strukture. Een van ons bekendste suksesverhale is die volle restourasie van O’ Neil se kothuis naby Volksrust, wat na baie jare se verval in 2013 herstel is. In dié huisie het die vredesonderhandelinge na die Eerste Vryheidsoorlog (1880-1881) plaasgevind. Ander projekte sluit in die herstel van die hoofhuis by Boekenhoutfontein, asook werk aan historiese monumente en grafte.

 

Ad
Ad
Ad
Ad
R 0.000 items

Cart