Die Naslaanbiblioteek sal tussen Kersfees en Nuwejaar gesluit wees.


ES-Personeel woon SAVK-kongres by

Follow Us:
facebooktwitterlinkedinyoutube

Drie van die ES-personeellede wat aan die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kultuurgeskiedenis (SAVK) behoort, het 1–2 September die jaarlikse kongres bygewoon. Vanjaar is dit in Graaff-Reinet aangebied, met die tema “Die kultuurgeskiedenis van Graaff-Reinet en omgewing”. Op pad daarheen het ons Besturende Direkteur, Cecilia Kruger, samesprekings oor samewerking met die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum op Bloemfontein gevoer. Daarna het ons op Doornbult naby Hopetown oornag – die konsentrasiekampterrein wat ons help bestuur – en die honderde museumvoorwerpe weer mooi skoongemaak. Ons het ook die Andries Pretorius-monument besoek, wat die ES in 2012 na die veilige terrein van die Camdeboo Nasionale Park verskuif het. Die SAVK se 2018-kongres word in Mei op Pelgrimsrus aangebied, met die tema “Die lotstye van die mens” (geboorte en doop, hofmaak en huwelik, dood en begrafnis). Diegene wat belangstel om die kongres by te woon, of referate te lewer, kan Estelle Pretorius by navorsing@es.org.za kontak.

Andries Pretorius_Camdeboo_2017aAndries Pretorius_Camdeboo_2017b

Share Now:
facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad
R 0.000 items

Cart

For international deliveries email the store at shop@es.org.za.