Follow Us:
Facebooktwitterlinkedinyoutube

ES ontvang waardevolle bronne oor Schoemansdal en Thulamela

Sidney Mears Miller het onlangs twee baie unieke boeke oor die geskiedenis van Schoemansdal en Thulamela geskryf. Die oorspronklike navorsing vir sy boeke, A Frontier Town: Schoemansdal or Zoutpansbergdorp the forgotten Boer town 1848 – 1867 en Thulamela: The lost gold of the Vha Venda het hy vir die ES-argief geskenk.

Sy navorsing oor Schoemansdal handel hoofsaaklik oor die gebruik van die dorp tussen 1848 en 1867 as basis vir een van Afrika se  grootste jagtogte tydens die 19de eeu. Dit bevat ook inligting oor die Voortrekkers se aankoms in Transvaal, kwessies oor landbesetting, struikelblokke wat die pioniers ervaar het, vestiging op plase en in dorpe, sowel as die ontstaan en ondergang van Schoemansdal / Zoutpansbergdorp. Inligting oor die Schoemansdal Museumprojek tussen 1984 en 2007 en die ondersteuning wat Die Erfenisstigting in 2016 gebied het, is ook beskikbaar.

Die outeur het in Desember 1984 by die Schoemansdal Museumprojek betrokke geraak weens die ondersteuning wat die Suid-Afrikaanse Militêre Dienste aan die projek gebied het.  Hierdie projek is deur die voormalige Transvaal Biblioteek- en Museumdienste onderneem, en het ‘n aantal argeoloë, asook mnr Mears Miller, in diens geneem ten einde vakkundige hulp aan te bied. Hy was vir 9 jaar betrokke hierby.

In 1993 het hy die projek verlaat om by die Thulamela-terrein in die Nasionale Kruger Wildtuin te gaan werk. Navorsing oor hierdie Ystertydperk-terrein tussen 1974 en 1992 is deur die Departement Argeologie van die Universiteit van Pretoria en die Nasionale Kultuurhistoriese Museum onderneem. Drie klein goue kraaltjies is in Julie 1992 tydens ‘n toetsopgrawing ontdek, asook ‘n potskerf wat bewyse van goudsmelting getoon het. Daarna is ‘n volskaalse ondersoek tussen Julie 1993 en Junie 1996 van die terrein onderneem.

Die navorsingsinligting van die Thulamela-terrein bevat ook verdere bevindinge van hierdie ondersoek en stel die verskeie bewongingstydperke tussen 1200 en 1650 n.C. uiteen. Dit verduidelik ook die algemene geskiedenis van swart Suid-Afrikaners en veral dié van Thulamela.

Sy boeke is ook te koop via die skakels hieronder:

Share Now:
Facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad

For international deliveries email the store at shop@es.org.za. Dismiss

0

Your Cart